Daggaboer Padstal Spyskaart

Spyskaart

As die honger ‘n bietjie knaag:

  • Roosterkoek: ‘n Gewilde Oos-Kaap lekkerny wat op die rooster gemaak word. Ons bedien dit met botter, fyn biltong, tuisgemaakte konfyt, gerasperde kaas en ons eie heerlike biltong paté. Al die vulsels word voorgesit en jy gebruik dit na jou eie smaak.
    Waarskuwing: ‘n Roosterkoek is nie met n fietspomp opgepomp om dit volume te gee nie en is nogal vullend (veral as jy n vriendlike gas is). As jy ‘n moeilike een is, word die prys na willekeur aangepas.
  • Tuisgebakte Pasteitjies
    Ons bak gewoonlik die volgende pasteitjies op n daaglikse basis:
    - Hoender, Peper Biefstuk (in gewone Afrikaans beteken dit eintlik “Pepper Steak”), Bobotie & Worsrol
    - Pasteitjies word bedien met ons ingemaakte slaaie en blatjang
  • Quiches:
    - Spek-en-Kaas OF Spinasie-en-Feta (Dis nou eintlik n heerlike, watertanderige, bleddie lekker souterige ding waarvan jy waarskynlik meer as een gaan bestel)
  • Heerlike DIK Plaassop Met Roosterkoek / Sonder Roosterkoek
    (Mes, vurk en lepel word voorsien)
  • Ons bedien ook n heerlike Plaasontbyt tot 12 vm. soggens – Eier, spek, plaaswors, roosterkoek met kaas en tuisgemaakte konfyt, gebraaide tamatie.

Vir die Soettand:

Isobel & Dolly se heerlike

- Kaaskoek, Melktert of Suurlemoen Skuimtert (meer algemeen bekend as Lemon Merinque)
Ons spog nou, maar dis wraggies BAIE lekker!

Om die dors te les:

  • MoerkoffieEn nee, ons bedien nie Cappuccino nie - het nog nie eers daarvan gehoor nie!
  • Tea (Engelse Ceylon of Rooibos)
  • Homemade Ginger BeerSonder skop! (R300 vir vyfjaar welbelee – tans uit voorraad, maar probeer weer oor vyf jaar)
  • LemonadeTuisgemaak, vars en verfrissend
  • Warm Sjokolade
  • Stadskoeldranke – Dis nou goed soos Coke, Fanta en Sprite en het eers onlangs in die kontrei bekend geraak.
  • Melkskommels ( Vanielje en aarbei ) 

Nota 1: Ons tee en koffie is bodemloos, maar nie meer as 4 persone per koppie nie en ons vra ekstra as jul strooitjies wil gebruik!

Nota 2: Baie van die idees vir hierdie padstal kom van ons kuiergaste en ons verwelkom dit! Vertel ons asseblief wanneer ons ‘n floppie maak sodat ons dit kan regstel.

Ten laaste: Tensy Moeder Natuur jou dwing, weet ons dat niemand by n padstal hoef te stop nie. Ons waardeer jou besoek hier by ons en wens jou en joune ‘n voorspoedige reis en veilige aankoms by jou bestemming toe!!